|
Die Afrikanerbond van 2008 is gemoeid met die handhawing van
fundamentele regte, demokrasie, die bevordering van verantwoordelike burgerskap
en patriotisme. Die Afrikanerbond van vandag is 'n samevoeging van Afrikaners
wat bereid is om te dien, leiding te neem en voor te loop. Ons doen dit
omdat die Afrikaner onlosmaaklik deel is van Suid-Afrika en die land wil laat
slaag.
Die Afrikanerbond ‘n belange organisasie vir Afrikaners wat ‘n
netwerk geleentheid daarstel waardeur kundigheid ontsluit kan word en debat
gestimuleer word. Dit stel die Afrikanerbond in staat om aktief met die regering
van die dag te skakel ten einde werkbare oplossings vir die probleme van
die dag te ontwikkel.
Die Afrikanerbond bevorder onbeskaamd Afrikanerbelange op elke
moontlike lewensterrein sonder dat dit in selfsug of tot onregmatige
bevoordeling geskied.
Ons is nie skaam om Afrikaners te wees
nie!
|